CrimeNews

Balfour-man se saak duur voort nadat vrou sterf

Hof hanteer steeds seksuele misdrywe aanklagtes

EVANDER – Me. Marie Senekal, wat saam met haar man, mnr. Manie Senekal sedert 2012 op 32 aanklagtes van seksuele aanranding teen kinders tereggestaan het, is in Junie dood.

Die egpaar wat vanaf Balfour kom waar me. Senekal ‘n kleuterskool gehad het, het na bewering kinders onder die ouderdom van ses jaar vir jare lank seksueel misbruik.

Die hofsaak is verskeie kere uitgestel omdat mnr. Senekal op ‘n stadium in die hospitaal was en die egpaar ander regsverteenwoordigers gekry het.

Albei was 71 jaar oud in 2012 toe die hofsaak begin het.

Die egpaar het skuld ontken.

Mnr. Senekal het onlangs weer in die hof verskyn en die saak is na Maandag, 19 Augustus, uitgestel.

Hy sal in die streekhof op Evander verskyn.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/ridge-times/25891/egpaar-verskyn-hof-vir-molestering/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button