Local sportSport

Sasol DigiMag klop Witbank in halfeindronde

Eindronde vind in Mbombela (nelspruit) plaas

SECUNDA – Sasol DigiMag Rugbyklub het Witbank op Saterdag, 27 Julie in die Phakisa Premier-liga se halfeindronde met 69-15 geklop.

Sasol DigiMag dring deur na die eindronde van die liga wat op Saterdag, 3 Augustus in Mbombela (Nelspruit) plaasvind waar hulle met Witrivier sal kragte meet.

Die DigiMag-spelers van die wedstryd is Michael Podges en Marinus (Stokkies) van der Merwe.

Die puntemakers was Van der Merwe en Brandon Potgieter wat elk drie drieë gedruk het, Jacobus Beyleveldt wat twee drieë gedruk het en Podges en Dalton Smit wat elk een drie gedruk het.

Van der Mewe het sewe drieë verdoel.

Lennie Vergottini probeer deurbreuk met die bal op Saterdag, 27 Julie tydens hul wedstryd in die halfeindronde van die Phakisa Premier-liga teen Witbank Rugbyklub.
Marinus van der Merwe in aksie met die bal op Saterdag, 27 Julie.
Marinus van der Merwe van Sasol DigiMag Rugbyklub agter die doellyn op Saterdag, 27 Julie tydens hul wedstryd teen Wibank Rugbklub in die halfeindronde van die Phakisa Premier-liga. Mike van Vuuren en Berty Visser ondersteun hom.
Marinus van der Merwe nadat hy ’n drie gedruk het op Saterdag, 27 Julie tydens hul wedstryd teen Witbank.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button