Local newsNews
Lede van Teksa Blommeklub leer van stillewe-rangskikking
Belangstellendes is welkom om volgende vergadering op Standerton by te woon
SECUNDA – Me. Sophie Hugo het vir lede van die Teksa Blommeklub gewys hoe om ‘n stillewe blommerangskikking te maak by dié klub se vergadering op Donderdag, 20 Junie.
Me. Hugo het gesê ‘n stillewe-ontwerp, is ‘n ontwerp wat saamgestel word deur plantmateriaal te gebruik saam met ‘n groepering van voorwerpe uit enige era.
Die voorwerpe moet met mekaar verband hou en tekstuur vertoon.
Me. Roz du Preez het ook vir lede ‘n rangskikking met die tema, Pot-Et-Fleur, gewys.
Die klub se volgende vergadering is op Donderdag, 25 Julie op Standerton.
Vir meer inligting, skakel me. Magda Schwab by 083 611 0684.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!