CrimeNews

OPVOLG: Babahondjies steeds vermis

Die eienaar vrees dat die hondjies dit nie sal oorleef nie. Hulle was net ses dae oud toe hulle gesteel is en hul ogies was nog toe.

BETHAL – “Wanneer jy ‘n wrok teen my het, kom haal dit op my uit, nie op my diere nie,” het ‘n hartseer honde-eienaar gesê.

Die ses boerboelkruising babahondjies wat onlangs gesteel is, is steeds soek.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/ridge-times/140942/ses-babahondjies-wat-net-ses-dae-oud-gesteel-bethal/

Dié honde is uit die eienaar se erf gesteel. Hulle was in ‘n kamp en binne ‘n hondehok toegemaak.

“Ons het hulle in ‘n kombers toegemaak en nog ‘n mat voor die hok se deur gesit om die koue te keer. Daar was niks bloed in of om die hok nie. Nie eers op die komberse nie. Ons het die hele erf deursoek, maar hier is geen teken van hulle nie.”

Die persoon of persone moes oor ‘n muur en toe oor die draad van die kamp geklim het om by die hondjies uit te kom. Omdat die ma van die hondjies getjank het, het die eienaar omstreeks 3:45vm uitgegaan om te gaan kyk wat fout is.

“Die draad was platgetrap, die kombers het buite die hok gelê en die mat was ook afgeruk.”

Die eienaar vrees dat die hondjies dit nie sal oorleef nie. Hulle was net ses dae oud toe hulle gesteel is en hul ogies was nog toe.

Die draad was platgetrap sodat die vermeende skelms by die hondehok kon uitkom.
Die draad was platgetrap sodat die vermeende skelms by die hondehok kon uitkom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button