Local newsNews

Riana Pelser wil weerlose kinders bemagtig

Me. Pelser is ’n uitgesproke anti-boelie-aktivis wat kinders wat geboelie word, wil bemagtig om vir hulself te kan opstaan

SECUNDA – Kinders en diere raak me. Riana Pelser (40) se hartsnare die diepste, juis omdat hierdie die weerlooste samelewing is.

As sy nie iewers besig is om ‘n katjie te red nie, is sy by Curamus betrokke.

Curamus bied hulp en ondersteuning aan misdaadslagoffers.

Hulle reik ook uit na skole om kinders wat geboelie word, te help.

Me. Pelser is ‘n uitgesproke anti-boelie-aktivis wat kinders wat geboelie word, wil bemagtig om vir hulself te kan opstaan.

Sy is verantwoordelik vir Curamus se administratiewe werk en dryf dié organisasie se anti-boelie-projekte.

‘n WhatsApp-nommer waarheen ‘n kind ‘n boodskap kan stuur, is een van die idees waaraan gewerk word.

Me. Pelser het ook selfverdedigingsklasse geneem en beveel dit aan as ‘n manier om jouself te bemagtig.

Haar hart en huis is ook oop vir weerlose diere. Sy is ‘n pleegma vir katte van alle ouderdomme.

Me. Pelser is ‘n lid van Feral Watch TNR en help veral om klein katjies wat verwyder moes word of wat iewers gered is, te versorg en groot te maak tot waar hulle gereed is om aangeneem te word.

Honderde katjies is al op hierdie manier in die Pelser-huishouding versorg.

Me. Pelser het veral ‘n sagte plekkie vir katte wat spesiale versorging nodig het of gestremd is.

Wilde katte is maklik vatbaar vir siektes soos sniffels wat daartoe lei dat die kat, in baie gevalle die babas, se oë so aangetas word, dat ‘n ogie eerder verwyder moet word.

“Elke kat het ‘n storie en ‘n rede hoekom hy of sy hier by ons aan huis is.

“Die meerderheid is katte wat uit slegte omstandighede gered is,” het me. Pelser vertel.

Leo is n katjie wat baie diep in me. Pelser se hart ingekruip het.

Dié katjie was skaars 300g toe sy hom gekry het – en boonop was sy toontjies afgesny.

Leo was baie siek en het nierversaking gehad, maar hy is wel deurgehaal. Hy het het nog ‘n paar maande geleef waarin hy vertroetel en gekoester is.

Haar man Gert en kinders Emile (13) en Chanté (11) sit ook hiermee hand by.

Dit is veral die kinders wat help om die katte te voer en medisyne in te gee.

Die gesin het ook ‘n paar honde op die werf – almal is van iewers gered en dol gelukkig by hierdie tuiste.

Me. Riana Pelser en haar dogtertjie, Chanté, saam met ’n paar van die katte-kinders wat in die Pelser-huishouding versorg word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button