EntertainmentLifestyle

Drie sangers sing vir WH Nel

Ouers en organiseerder is tevrede met opkoms by geldinsamelingsgeleentheid

SECUNDA – WH Nel, ‘n tienerseun van Kriel wat op 4 Mei verlede jaar sy eie lewe probeer neem het en met ‘n skietwond aan sy kop by sy ouerhuis gevind is, sterk steeds in die hospitaal aan.

Me. Chantelle Pienaar, ‘n sanger, het vir hom ‘n geldinsamelingsgeleentheid by Eish!! Restaurant by Lake Umuzi gereël.

PJ Pretorius en Shoneill het ook opgetree op Saterdagaand, 6 April.

Volgens me. Pienaar was die aand ‘n groot sukses en meer mense het opgedaag as wat hulle verwag het.

WH Nel se ouers, me. Annelie en mnr. Max Nel by me. Chantelle Pienaar (middel) wat die geldinsamelingsgeleentheid vir WH gereël het op Saterdagaand, 6 April by Eish!! Restaurant terwyl PJ Pretorius optree.

Dié geld sal aangewend word vir WH se versorging as hy ontslaan word, sowel as brandstof wanneer sy ouers vir hom gaan kuier in die hospitaal in Gauteng.

As WH ontslaan word gaan hy voltydse versorging nodig hê asook buisvoeding, skoon beddegoed daagliks, lyfroom en doeke.

Die mediese fonds dek nie al dié ekstra items nie. WH se ouers, me. Annelie en mnr. Max Nel, en me. Pienaar het almal wat die aand ondersteun het, bedank.

Me. Nel het gesê hulle bly vir hul seun bid en sien uit na die dag wanneer hy vanuit die hospitaal ontslaan gaan word.

Related Articles

Back to top button