Local newsNews

Hoëveld Fotografieklub wys beste fotograwe vir die maand aan

Belangstellendes is welkom om volgende byeenkoms by te woon

SECUNDA – Dr. Leon Pelser se foto, “Motgevreet”, was die beste in die voorgeskrewe onderwerpafdeling by die Hoëveld Fotografieklub se maandelikse byeenkoms op Vrydagaand, 5 April by die Sasol Ontspanningsklub.

Die ander fotograwe wat goed gevaar het, is me. Sussa Pelser onder die junior fotograwe met haar foto “Let’s Dance” en mnr. Pierre Jordaan onder die senior fotograwe met sy foto “Luiperd in Nag”.

Die fotograwe wat sertifikate van meriete vir hul foto’s ontvang het, is me. Barbara Mitton met “Men at Work”, mnr. Danie Smit met “Blouberg Sononder”, mnr. Hanno de

Beer met “Before the Sun Rises at Morrispunt”, mnr. Jan Ferreira met “Kwikstertjie”, en dr. Pelser met “Abstract Dragon Fly”.

Die Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms is op Vrydag, 10 Mei om 6nm vir 6.30nm by Scrum Inn by die Sasol Ontspanningsklub.

Vir meer inligting, skakel mnr. Jordaan by 082 465 0248.

Dr. Leon Pelser het ’n sertifikaat van meriete ontvang vir sy foto, “Abstract Dragon Fly”, by die Hoëveld Fotografieklub se byeenkoms op Vrydag, 5 April.
Mnr. Danie Smit het ‘n sertifikaat van meriete verdien met “Blouberg Sononder”, by die Hoëveld Fotografieklub se byeenkoms op Vrydag, 5 April.
Mnr. Jan Ferreira se foto, “Kwikstertjie”, het aan hom ’n sertifikaat van meriete besorg by die Hoëveld Fotografieklub se byeenkoms op Vrydag, 5 April.
Me. Barbara Mitton het ’n sertifikaat van meriete ontvang vir haar foto, “Men at Work” by die Hoëveld Fotografieklub se byeenkoms op Vrydag, 5 April.
Dr. Leon Pelser se foto,” Motgevreet”, was die beste in die voorgeskrewe onderwerpafdeling by die Hoëveld Fotografieklub se byeenkoms op Vrydag, 5 April.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button