EntertainmentLifestyle

PlaasJuppie Fees op Bethal beloof hope pret

Jim van Tonderskool nooi gemeenskap na fees

BETHAL – Jim van Tonderskool bied weer hul jaarlikse PlaasJuppie Fees by die skool aan op Saterdag, 27 April.

Volgens’n organiseerder, me. Rita Slabbert, beloof dit om ‘n lekker familiefees te wees met iets vir oud en jonk om te doen.

Die fees skop reeds op Vrydagaand, 26 April, met ‘n plaasdans af.

Daar sal dan boerbrood, biltong en bier beskikbaar wees en feesgangers sal om die vuur kan kuier.

Daar sal ook ‘n kontantkroeg beskikbaar wees en Die Kitaarkêrels gaan vir die musiek sorg.

Kaartjies kos R150 per persoon.

Die PlaasJuppie-drafstap begin die Saterdag om 7vm. Medaljes en pryse sal aan die einde van die drafstap uitgedeel word.

Feesgangers sal kan kies tussen ‘n wye verskeidenheid kosstalletjies en snuffelstalletjies en daar gaan ook’n teetuin wees.

‘n Kinderaktiwiteitsarea sal die kleinspan met perderitte, springkastele en speletjies besig hou.

Die babafotokompetisie is ‘n nuwe toevoeging tot die fees en daar is oulike pryse op die spel.

Feesgangers sal hul sangtalent kan wys in die ‘Juppies kan Sing’-sangkompetisie en daar is ook groot pryse om te wen.

Franna en Dominique gaan die Saterdag vir die vermaak en musiek sorg.

Van die ander vertonings sluit trompoppies, orkeste en karate in, asook die Mnr., Mev. en Mej. Juppie Fees 2019-kompetisie.

Toegang is R30 per volwassene of hoërskoolkind, R10 per laerkoolkind en gratis toegang vir seniorburgers en kinders jonger as ses.

Jim van Tonderskool neem vanjaar hande met Ridge Times en bied gesamentlik ‘n Winter Warmprojek aan waar komberse vir Bethal DBV bymekaar gemaak gaan word.

Inwoners kan komberse op die dag van die fees by die hekke aflaai.

Nuwe of gebruikte komberse wat gewas is, is welkom.

Vir meer inligting, skakel die skool by 017 647 5987 of 083 560 1155 of stuur ‘n e-pos na plaasjuppiefees@gmail.com.

DIe Kitaarkêrels tree op Vrydagaand, 26 April by die PlaasJuppie Fees by Jim van Tonderskool se plaasdans op.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button