Local sportSport

Louis presteer op krieketveld hoewel hy net een been het

Kreketspeler bedank bestuur en mense agter skerms van krieketklubs

BETHAL – Louis Behr (35) se lewe het in 2007 onherroepelik verander na hy sy been in ‘n motorongeluk verloor het.

Sy vrou, me. Jonelda Behr (22) is in dié ongeluk dood en mnr. Behr se been is ‘n paar maande na die ongeluk geamputeer.

Behr onthou steeds die dag van die ongeluk wat buite Standerton gebeur het.

Hy onthou hoe hy en sy vrou het gesels terwyl hy bestuur het.

“Ek het nie op die pad gekonsentreer nie en het beheer oor die voertuig verloor,” het Behr vertel.

“Die kar het gerol en ek het ‘n oop fraktuur aan my regterbeen gehad.”

Behr het eers verskeie oorplantings en operasies aan sy been gehad voordat dokters besluit het dat dit sal beter wees om die been te amputeer.

Hy dra sedertdien ‘n kunsbeen.

Hy het wel onlangs weer begin krieket speel vir die Bethal Courier Guys Old Boys krieketspan.

Behr het sedert sy skooldae krieket gespeel en sport was sy lewe.

Hy het op Bethal grootgeword en is ná skool Engeland toe vir twee jaar.

Hy het, toe hy teruggekeer het na Suid-Afrika, by Sasol begin met indiensopleiding, maar het bykans vyf jaar geneem om dit te voltooi omdat hy in dié tyd die ongeluk gehad het.

In totaal moes hy 14 operasies aan sy been ondergaan.

Hoewel die krieket hard op sy liggaam is en hom vir sowat drie dae terugsit na elke wedstryd, het Behr onlangs besluit om weer vir die Old Boys te speel.

Hy het, toe hy vir Sasol Krieketklub op Secunda gespeel het, 100-tal aangeteken.

“Ek kan kort wedstryde speel, maar as ek te lank speel, raak dit te moeilik vir my liggaam,” het Behr gesê.

“Mense sien my glimlag, maar hulle sien my nie by die huis waar alles ‘n gesukkel is nie.”

Hy is in 2014 getroud met me. Nanette Behr en hy bedryf sy eie onderneming, ‘n kroeg, op Trichardt.

In sy vrye tyd, geniet Behr dit om intellektuele uitdagings te aanvaar en hou daarvan om wetenskaplike programme te kyk.

Me. Behr is ook nou meer by sport betrokke en speel selfs netbal en ringbal.

Behr het mnre. Niel Parsons van Bethal Krieketklub en Ignus Koekemoer van Sasol Krieketklub op Secunda bedank vir hulle hulp en ondesteuning en omdat hulle dit vir hom moontlik maak om te kan speel.

Hy het ook al die ander Old Boys en betrokke persone wat help om die klubs op te bou, bedank.

Louis Behr in aksie op Sondag, 24 Februarie as paaltjiewagter terwyl Louis Bibbey van Standerton kolf. (Foto: Charles Pentz).

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button