School sportSport

Hoërskool Secunda blink uit in wintersport teen Hoërskool Linden

Leerders ding mee in rugby, hokkie en netbal

SECUNDA – Hoërskool Secunda het op Saterdag, 2 Maart op hul tuisveld met Hoërskool Linden kragte gemeet en al Hoërskool Secunda se rugbyspanne het hul wedstryde gewen.

Die eerstespan se was 37-10, die tweedespan se was 24-10, die 0/16-span se telling was 12-12, die 0/15-span se telling was 17-5 en die 0/14-span se telling was 31-0.

Hoërskool Secunda se rugbyspanne het al hul wedstryde gewen. Hiér hardloop een van Hoërskool Secunda se 0/14-spelers vir die bal.

Die seunshokkiespanne het ook al hul wedstryde gewen.

Die eerste seunshokkiespan se was 2-1, die 0/16-span se telling was 4-0 en die 0/15-span se telling was 2-1.

Hoërskool Secunda se netbalspanne het net twee wedstryde verloor.

Die eerstespan se wentelling was 21-18, die 0/16A-span se telling was 27-17, die 0/16B-span se telling was 18-8, die 0/15A-span se telling was 19-11, die 0/15B-span se telling was 15-2 en die 0/14A-span se telling was 19-16.

Spelers van Hoërskool Secunda en Hoërskool Linden se 0/16A-hokkiespanne in aksie op die hokkieveld Saterdag, 2 Maart by Hoërskool Secunda.

Die tweedespan het met 21-18 verloor en die 0/14B-span met 13-20.

Die meisieshokkiespanne het ook al hul wedstryde gewen.

Die eerstespan het gelykop gespeel teen Linden met twee doele elk.

Die tweedespan se wentelling was 8-0, die 0/16-span se telling was 3-2, die 0/15-span se telling was 5-0 en die 0/14-span se telling was ook 5-0.

Hoërskool Secunda se eerste seunshokkiespan het hul wedstryd teen Hoërskool Linden Saterdag, 2 Maart gewen. Hiér hardloop spelers van beide skole vir die bal.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button