Local newsMunicipalNews

Riool loop oor by die slagpale

Riool loop by die slagpale op Bethal in.

BETHAL – Riool loop al ’n maand by Bethalslagpale oor weens ’n stukkende pyp.

Volgens mnr. Marius Delport, ’n werknemer by die slagpale, het hy dit onder die munisipaliteit se aandag gebring.

“Dis onhigiënies en lok vlieë en benadeel ons as ’n onderneming wat met vleis werk,” het mnr. Delport gesê.

Na wat verneem word het ’n vragmotormaatskappy hul grond geskraap en die rioolpyp beskadig.

Volgens mnr. Delport het’n gesondheidsinspekteur die probleem ondersoek.

Mnr. Delport het gesê daar is nou grond oor die plek gegooi waar die riool uitloop om dalk die rioolvloei te stop.

Die Echo het mnr. Dan Sanyani, seniorbestuurder van gemeenskaps-, gesondheids- en sosiale dienste van die Govan Mbeki munisipaliteit, om kommentaar gevra, maar hy was nie beskikbaar nie.

Sy kommentaar sal in die volgende uitgawe van die Echo gepubliseer word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button