Local newsNews

Komkommerboer op Bethal gebruik geen grond vir groente

Bethal-boer se hoenders lê blou eiers

BETHAL – Mnr. Theuns Nel is ‘n komkommerboer op Bethal.

Hy het verskeie groentetonnels op sy plot, maar komkommers is sy beste produk.

Dié boer het ‘n unieke manier ontdek om sy groente te bemes en gebruik vismis om sy groente te voer.

Dié metodes staan beter bekend as ‘aquaponics’ en mnr. Nel het dus nie grond vir sy groentes wat in dié tonnel staan, nodig nie.

Die blaarslaai word op rakke tot teenaan die tonnel se dak gestoor en groei sonder grond omdat dit voeding en bemesting kry deur middel van pype wat die water vanaf mnr. Nel se Koi-visdam af vervoer.

“Ek beproef dit nou en kyk hoe gaan dit werk,” het hy gesê.

Mnr. Theuns Nel met die blaarslaaiplantjies wat hy kweek.

Mnr. Nel oes op die stadium net in die somer komkommers omdat hulle dan beter groei.

Hy het al tamaties en soetrissies ook geplant, maar het agtergekom dit groei nie so goed in Bethal en omgewing soos komkommers nie.

Hy verskaf komkommers aan verskeie groot kettingwinkels op die Hoëveld en nabygeleë dorpe.

Buiten komkommers en blaarslaai, het hy ook blomkool, spinasie en broccoli geplant.

Mnr. Nel het in die omgewing grootgeword en na skool diere-produksie by die Technikon in Pretoria studeer.

Hy het daarna vir ‘n rukkie by Sasol gewerk, maar gou agtergekom dat hy eerder wil boer.

Die blou eiers wat een van mnr. Theuns Nel se hoenders gelê het.

Mnr. Nel beproef tans nog ‘n metode in produksie wat as enting bekend staan.

Met dié metode ent boere een soort plant op ‘n ander een se stingel en verbeter sodoende produksie.

Mnr. Nel het vir die eerste keer komommersaailinge op pampoenplante geënt en sal binnekort sien of dit gewerk het.

“Dit verbeter glo die produksie met tot 200 persent,” het mnr. Nel gesê.

Buiten die groente, boer mnr. Nel ook met hoenders en het verskeie hoenderrasse op sy plot.

Een van dié rasse kom vanaf Indonesië en lê blou eiers.

Hy is getroud met me. Paulette Nel wat ‘n arbeidsterapeut op Trichardt is en die egpaar het drie seuns wat nege, 13 en 16 jaar oud is.

Mnr. Theuns Nel met die blaarslaaiplantjies wat hy kweek.

Related Articles

Back to top button