EntertainmentLifestyle

Verskeie bekende kunstenaars tree by inniPark Fees op Secunda op

Ondersteun Laerskool Secunda se fees.

Laerskool Secunda bied Saterdag, 25 Augustus hul jaarlikse inniPark Fees in die groenstrook langs die Sasol Ontspanningsklub aan.

Die kunstenaars wat vanjaar gaan optree, sluit in Leah, Refentse, Die Campbells, Dewald Gouws en Tjiff en Tjaff om die jongspan te vermaak.

Die fees beloof om vir pret en vermaak te sorg en daar gaan baie stalletjies wees.

Toegang beloop R80 per volwassene, R50 vir hoërskoolleerders en pensionarisse en R30 vir laerskoolleerders en kleuters.

Daar is nog uitstalruimte beskikbaar.

Vir meer inligting, skakel me. Lizelle Pieters by 017 634 7612 in skooltyd of stuur ’n e-pos na skakel@secundalaer.co.za.

Tjiff en Tjaff gaan die kinders vermaak by die inniPark Fees.
Dewald Gouws gaan Saterdag, 25 Augustus by die inniPark Fees optree.
Leah is een van die kunstenaars wat by die inniPark Fees gaan optree.
Refentse tree Saterdag, 25 Augustus by Laerskool Secunda se inniPark Fees op.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button