Local newsNews

Bethal-boere staan saam nadat weiding afbrand

Mnr. Daan Malan is dankbaar vir die bale voer.

BETHAL – Plaaslike boere het hul harte en hande oopgemaak en uitgereik nadat ’n deel van mnr. Daan Malan wat ’n plaas tussen Bethal en Trichardt het, se weiding afgebrand het.

Mnr. Corlis Hartman het met die plan gekom om op ’n gereelde basis ekstra bale te hou vir boere in sulke gevalle.

Volgens mnr. Malan het iemand hom op Sondag, 13 Mei geskakel en gesê hulle het ’n voertuig op sy plaas langs die N17-snelweg sien stop en toe die voertuig wegry, het die plaas begin brand.

Mnr. Malan het sowat 500 bale voer verloor, maar die groep boere het weer vir hom 500 bale geskenk.

“As elke boer net 10 of 20 bale skenk, kan ons een boer wat baie bale voer verloor het, help,” het mnr. Hartman gesê.

“Baie boere verloor jaarliks weiding weens brande en 90 persent van dié brande word gestig.”

Mnr. Malan het gesê hy is baie dankbaar teenoor die boere vir die bale.

“Dit is wonderlik om te sien wat kan gebeur as ’n gemeenskap saamstaan as dit regtig nodig is,” het mnr. Malan gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button