Local newsNews

Engela Scheepers van Bethal se roudiens vind môre plaas

Oud-Bethaller dood aan hartaanval in hospitaal.

Me. Engela Scheepers (83), ‘n jarelange inwoner van Bethal, is Saterdag, 19 Mei, dood.

Sy het ‘n jaar gelede na Groot Brakrivier in die Oos-Kaap verhuis en in April na Mpumalanga gereis om haar kleinkind se troue by te woon en im by haar vriendinne te kuier.

Sy het by haar vriendin, me. Ella van der Merwe, wat op Bethal woon, gekuier en die twee het koekies gebak toe me. Scheepers glo net agteroor geval het.

Me. Van der Merwe het haar buurvrou en vriendin, me. Annatjie Fourie geroep en hulle het haar bygekry, maar sy was glo deurmekaar.

Hulle het haar na die Mediclinic Highveld geneem waar dokters gesien het sy het ’n skedelbreuk opgedoen.

Sy was in die hoësorg-eenheid van Mediclinic Highveld vir langer as twee weke en is later oorgeplaas na die Life Wilgeheuwel Hospitaal in Johannesburg.

Sy het ’n massiewe hartaanval gekry en weens dit, bloeding op haar brein, en is in die hospitaal dood.

Haar roudiens vind môre (Vrydag, 25 Mei) om 11vm vanuit die Afrikaanse Christelike Kerk op Bethal plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button