Local newsNews

Hoëveld Fotografieklub wen afdeling by kongres

SECUNDA – Die Hoëveld Fotografieklub het die trofee vir die klub wat die beste in die voorgeskrewe onderwerpafdeling gevaar het, met Ermelo Fotografieklub gedeel tydens die Noord-oostelike provinsies (NEP) kongres wat vanaf 18 tot 20 Mei op Dullstroom gehou is. Die president van NEP, mnr. James Harris, en die ondervoorsitter van die Hoëveldse Fotografieklub, mnr. …

SECUNDA – Die Hoëveld Fotografieklub het die trofee vir die klub wat die beste in die voorgeskrewe onderwerpafdeling gevaar het, met Ermelo Fotografieklub gedeel tydens die Noord-oostelike provinsies (NEP) kongres wat vanaf 18 tot 20 Mei op Dullstroom gehou is.

Die president van NEP, mnr. James Harris, en die ondervoorsitter van die Hoëveldse Fotografieklub, mnr. Hanno de Beer, het die trofee in ontvangs geneem by die kongres.

Fotograwe van die Hoëveld Fotografieklub kon voor die kongres hul beste foto’s inskryf.

Verskeie top fotograwe en kenners het sessies in onder andere kosfotografie en dieregedrag aangebied en fotograwe het ook praktiese sessies gehad waartydens hulle dit wat hulle geleer het, kon toepas en uitprobeer.

Lees ook: Hoëveldse Fotografieklub-fotograwe skryf beste foto’s in

Die Hoëveld Fotografieklub het Vrydag, 4 Mei hul maandelikse byeenkoms in die Scrum Inn by die Sasol Ontspanningsklub gehad en mnr. Danie Smit se foto, “Verleiding”, was die beste in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.

Die voorgeskrewe onderwerp vir Mei was teater.

Mnr. Jan Ferreira se foto, “Melissa Arms”, was die beste onder die junior fotograwe en dr. Leon Pelser se foto, “Refleksie Abstrak in Mono” was die beste onder die senior fotograwe.

Die Hoëveld Fotografieklub se volgende vergadering vind op 8 Junie om 6.30nm by die Scrum Inn plaas. Skakel mnr. Pierre Jordaan by 082 465 0248.

Mnre. Hanno de Beer en James Harris van die Hoëveld Fotografieklub met die trofee vir beste voorgeskrewe onderwerpafdeling wat hulle met Ermelo Fotografieklub deel.
Dr. Leon Pelser se foto, Refleksie Abstrak in Mono, was die beste onder die senior fotograwe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button