Local newsNews
Adler Fahrers Motorfietsklub maak Noonan-syndroom seuntjie se operasie moontlik
Nadat die eerste artikel van Henry, 16 Oktober in Ridge Times verskyn het, het die Adler Fahrers Motorfietsklub reeds die volgende dag met sy pa, mnr. Charles Shaw kontak gemaak.
Henry Shaw is met Noonan-syndroom gebore en moes dringend ’n operasie ondergaan.
Sy melktandjies moes uitgesny word omdat dit maklik breek en infeksie veroorsaak het.
Dié operasie is moontlik gemaak deur die Adler Fahrers Motorfietsklub wat dit gereël het en Henry is reeds suksesvol op 27 Oktober geopereer.
Al die geld wat vir Henry ingesamel is wat nie vir medikasie of hospitaalkoste gebruik word nie, sal aan mnr. Shaw geskenk word.
Enige iemand wat nog sal belangstel om te help, kan Ninja van die Adler Fahrers skakel by 076 737 8659.
Lees die volledige artikel in die Ridge Times koerant hier.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.