Editor's choiceLocal newsNews

Klompvoet-dogtertjie kan uiteindelik nou operasie ondergaan

Die Ridge Times het op 6 Julie oor dié dogterjie wat met klompvoet in albei voete gebore is, berig. Sedert die berig verskyn het, moes Zanel ’n paar keer weer gips kry voordat hulle haar kon opereer.

Zanel Schnepel word op 25 Oktober geopereer.

Die Ridge Times het op 6 Julie oor dié dogterjie wat met klompvoet in albei voete gebore is, berig.

Sedert die berig verskyn het, moes Zanel ’n paar keer weer gips kry voordat hulle haar kon opereer.

Die gips is een keer te styf aangesit en moes dadelik afgehaal word omdat dit pyn en ongemak veroorsaak het.

Zanel is twee jaar oud en kan nie soos ander kinders speel, loop of hardloop nie.

Lees ook: Klompvoet-dogtertjie wil ook soos ander kan hardloop en speel.

Hulle benodig geld vir brandstof en om vir verblyf te betaal terwyl Zanel in die hospitaal is.

Zanel word in Johannesburg geopereer.

Steps is ’n NPO wat daarin spesialiseer om kinders wat met klompvoet gebore is, te help.

Zanel was vyf dae oud toe sy reeds gips tot bo haar knieë gekry het.

Die meeste soorte klompvoet is by geboorte (aangebore klompvoet) teenwoordig.

Klompvoet kan in een voet of in albei voete voorkom.

Hulle wil eers die probleem met haar voetjies uitsorteer voordat hulle haar na ’n kleuterskool toe stuur. Omdat die gesin nie ’n mediese fonds het wat vir medikasie kan betaal nie, het hulle hulp nodig.

Enige iemand wat hulle met verblyf, geld vir brandstof en medikasie kan help, kan me.

Estelle Swart skakel by 083 652 7727.

 

Lees doe volledige artikel in die Ridge Times koerant hier.

 

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/ridge-times/95312/zanel-kan-binnekort-operasie-ondergaan/

 

https://www.citizen.co.za/ridge-times/92233/zanel-wil-ook-soos-ander-kan-hardloop-en-speel/

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button