Local newsNews

[Video] Kosmos Kansa Secunda en plaaslike besighede bied “Car sit in”-dag aan

Kosmos Kansa Secunda bied in samewerking met Tri-Sec Autohaus Volkswagen, Secunda Mall, Glen Mitton, Oregon Spur, Secunda 231 Tafelronde en ander bekendes van die omgewing ’n “Car sit in”-dag op 20 Oktober aan.

 

 

 

Kosmos Kansa Secunda bied in samewerking met Tri-Sec Autohaus Volkswagen, Secunda Mall, Glen Mitton, Oregon Spur, Secunda 231 Tafelronde en ander bekendes van die omgewing ’n “Car sit in”-dag op 20 Oktober aan.

Dit vind voor Oregon Spur in die Secunda Mall plaas.

Oregon Spur sal deur die dag kos en drankies aan die deelnemers voorsien.

Dit werk op dieselfde konsep as die destydse “jail ’n bail”.

Tri-Sec Autohaus Volkswagen sal die motors verskaf waarin verskillende spanne vanaf 9vm to 7nm moet sit.

Die doel is om geld vir Kansa in te samel en elke span stel ’n teiken waartoe hulle werk of eerder in die motor sit.

Dié teiken moet bereik word voordat hulle uit die motor mag klim.

As iemand ’n langer breuk wil neem as wat toegelaat word, sal hulle ’n boete moet betaal.

 

Gaan geniet die dag terwyl daar baie ander aktiwiteite vir die publiek sal wees om te geniet.

Gebruik die hitsmerk #CANSACarSitIn vir foto’s, videos en kommentaar oor die “Car sit in”.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button