CrimeNews

OPVOLG: Bethaller in sy huis doodgeskiet

’n 19-jarige man is op die Swart-gesin se perseel in verband met die skietvoorval in hegtenis geneem.

BETHAL – Mnr. Dirk Swart (64), ’n bekende op Bethal, is Saterdagaand in ’n skietvoorval in sy huis dood.

’n Negentienjarige man is in hegtenis geneem en sou Dinsdag in die landdroshof op Bethal verskyn.

Mnr. Swart se vrou, me. Helene Swart, is dieselfde aand in die Mediclinic Highveld opgeneem vir skok, maar is reeds ontslaan.

Sy sterk aan by haar seun, mnr. Dirk Swart (jnr).

Volgens mnr. Swart (jnr) is sy pa omstreeks 10.20nm die betrokke aand dood.

Hy is na bewering in die kop geskiet.

Mnr. Swart (jnr) se suster, me. Aleen Conradie, woon in Kanada en sal teen Maandag of Dinsdag volgende week in die land wees.

Hoewel nog geen begrafnisreëlings getref is nie, beplan die Swart-gesin om die begrafnis volgende Donderdag om 12nm vanuit die AC Kerk op Bethal te hou.

Mnr. Swart (snr) het jare vir Bethal se eerstespan rugby gespeel en was ten tye van sy dood semi-afgetree, hoewel hy sy seun in sy onderneming bygestaan het.

“My pa was maar net Dirk Swart, soveel beter as net Dirk Vingers.

“Enige pa en seun stamp koppe, maar ek was baie lief vir my pa.

“Ek het nog nooit so baie gehuil soos die laaste twee dae nie,” het mnr. Swart (jnr) gesê.

Konst. Thomas Mogadime, Bethal Polisie se woordvoeder, het bevestig dat ’n 19-jarige man in verband met mnr. Swart se moord op die gesin se perseel in hegtenis geneem is en dat die betrokke vuurwapen ook op die toneel gekonfiskeer is.

Lees ook: Bethal-vrou in Wendy-huis vermoor, Bethal farmer might be mastermind behind murder conspiracy

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button