Editor's choiceLocal newsNews

Vrou moet net keer of hospitaal doen keisersnee

“Die susters het op my geskree en was onbehulpsaam,” het sy gesê.

’n Vrou wat nie geïdentifiseer wil word nie, het reeds herhaaldelik traumatiese ondervindings by Evander Hospitaal gehad en het geen keuse as om weer daarheen terug te keer nie.

Haar seuntjie moes een keer hospitaal toe geneem word omdat hy siek was.

Nadat daar ’n koorspen in sy mond gedruk is, het hy aan die kant waar die koorspen was seertjies in sy mond begin kry.

Dit het begin versprei en sy hele mond ontsteek.

“Die seertjies en ontsteking in sy mond was só erg, dat hy vir ’n week nie kon eet nie.

“Ek het hom teruggeneem hospitaal toe en hulle het bloot net gesê dat hulle nie antibiotika het nie,” het sy gesê.

Met haar vorige swangerskap het sy twee keer in vervroegde kraam gegaan en is met plasenta previa gediagnoseer.

Dit beteken dat die plasenta baie laag in die baarmoeder lê.

Sy het na Evander Hospitaal gegaan en gevra dat hulle die kraam moet stop omdat dit nog te vroeg vir die kind is om gebore te word.

Die dokter het bloot gewyer en gesê dat sy ’n noodkeiser moet kry.

“Daar is nie warm water om in te bad nie en ek moes my eie komberse en kussings saamneem.

“Wanneer ek gevra het vir iets om te drink, is daar vir my gesê dat die kombuis reeds gesluit is.

“Die susters het op my geskree en was onbehulpsaam,” het sy gesê.

Lees die volledgide storie in die week se Ridge Times koerant.

Lees ook: The family of a new-born baby who was born with a burn wound is blaming Evander Hospital for the injury the baby sustained.

eMbalenhle family accuses Evander Hospital of negligence

Patient murdered in Evander Hospital this afternoon

‘Doctors butchered my daughter’

Vermeulens complain about Evander Hospital

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

’n Vrou wat nie geïdentifiseer wil word nie, het herhaardelik traumatiese ondervindinge by Evander Hospitaal opgedoen. Sy moes keer of hulle het ’n keiser op haar op 34 weke van haar swangerskap gedoen.

 

Related Articles

Back to top button