Editor's choiceLocal newsNews

Valskermspringer land op Graceland se gholfbaan

Valskermspringer het nie ’n ander keuse gehad as om op die gholfbaan te land nie.

’n Valskermspringer van Skydive Secunda moes verlede naweek sy landing op Graceland Casino, Hotel en Buiteklub se gholfbaan doen.

Volgens mnr. Joggie Botma het die vlieënier hom te ‘diep’ afgelaai en kon hy nie sy draaie kry om weer tot by Secunda se vliegveld te sweef nie.

Die gholfspelers wat op daardie stadium op die baan was, het dit amusant gevind.

Mnr. Bothma is weer veilig terug by die vliegveld en sê dat hy na sy volgende sprong uitsien.

Indien jy graag ’n tandemsprong hier op Secunda wil doen, skakel mnr. Jason Richardson by 072 150 7680 of besoek hul webwerf by www.skydivetandem.co.za.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button