NewsSchools

Oosies kook weer saam met Tannie Poppie

Tannie Poppie sal ’n kort praatjie voor die begin van die kompetisie lewer oor die vereistes, karaktertrekke en smaak van ’n potjie.

SECUNDA – Hoërskool Oosterland se verbruikerstudieklasse bied op 24 Februarie die vierde Oosiesjefkookkompetisie aan.

Tannie Poppie van Kokkedoor1 is weer eens die beoordelaar.

Die program verander effens vanjaar omdat Hoërskool Delmas ook deel uitmaak van die kompetisie en dit saamval met wintersport by die skool wat meer blootstelling tot gevolg het.

Die kompetisie vind op Vrydag, 24 Februarie plaas in die vorm van ’n potjiekoskompetisie vanaf 2nm tot 8nm.

Tannie Poppie sal ’n kort praatjie voor die begin van die kompetisie lewer oor die vereistes, karaktertrekke en smaak van ’n potjie.

Die potjiekos gaan die aand verkoop word teen R25 per bakkie.

Related Articles

Back to top button