CrimeNews

OPVOLG: Bethal-vrou in Wendy-huis vermoor

Me. Ilze Schoombee is tussen 11nm en middernag om die lewe gebring.

BETHAL – Me. Ilze Schoonbee wat Donderdag, 13 Oktober by haar huis op Bethal vermoor is, word op Vrydag, 21 Oktober om 11vm vanuit die Hervormde Kerk op Bethal begrawe.

_________________________

BETHAL – Bethal Polisie het bevestig dat die vrou wat gisternag 13 Oktober vermoedelik tussen 11nm en middernag vermoor is, me. Ilze Schoombie is.

Haar werkgewer het onraad vermoed toe sy nie vanoggend by die werk opgedaag het nie.

Hulle het ondersoek by haar huis gaan instel waar sy in die Wendy-huis buite die huis gevind is.

Sy is vermoedelik oor die kop geslaan.

Niemand het iets gehoor nie.

Haar handsak en juwele is weg en al die kamers in die huis is omgekrap en die inhoud van die kaste uitgegooi.

Die deur waartoe die moordenaars klaarblyklik toegang tot die huis verkry het, se sleutel was in die slot aan die binnekant.

Haar hond, ‘n boerboel, is ook in die tuin dood gevind.

Me. Schoombee was gisteraand by ‘n werksfunksie en is om 10.30nm by die huis afgelaai.

Sy het steeds die klere aangehad wat sy gisteraand gedra het, maar het haar pantoffels gedra.

Nog geen verdere inligting is beskikbaar nie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button