Local newsNews

Min Shaw skryf huldeblyk

Min Shaw, die sopraan en gospelsangeres se man Willie van Blerk is op 12 September dood.

SECUNDA – Min Shaw, die sopraan en gospelsanger, se man, mnr. Willie van Blerk, is op 12 September dood.

Mnr. Van Blek was van Secunda afkomstig en is behandel vir kanker en hoewel dit vir ’n tyd beter met hom gegaan het, het die siekte weer teruggekeer.

Die egpaar was vir 28 jaar getroud.

’n Gedenkdiens is op 16 September in die Evander Revival Centre gehou.

Me. Shaw het die volgende in sy huldeblyk geskryf:

“My liefling.

“En nou is jy weg.

“Hoe gun ek jou dit nie, so bietjie jaloers dat jy voor my gegaan het, maar dit is ok.

“As’t ware genade onbeskryflik groot.

“Wat ’n verlossing en verligting van alles.

“Ek gaan jou baie mis my lief, maar God het alreeds vir my ’n nuwe visie gegee.

“’n Plan vorentoe van voorspoed en oorwinning.

“Die mooiste karaktertrek wat Jesus in jou gebou het, is beslis Sy liefde.

“Die liefde ja en hoe om ’n vrou op haar plek te hou (Lucky fish).

“My mooie man, slaap rustig en kyk uit vir my by die Oospoort, want daar sal ons verseker mekaar weer sien.

“Altyd jou Darl, Min.”

Me. Shaw het in Junie 1966 haar eerste plaat, Kleine Nagtegaal, uitgereik, maar die sopraan is veral bekend vir treffers soos “Jy is my Liefling” en “My blonde Visserman”.

Sy het in 1967 teenoor wyle Gé Korsten in die fliek Hoor My Lied gespeel en in 1968 het sy en Franz Marx saam in die rolprent Jy is my Liefling opgetree.

Related Articles

Back to top button