NewsSchools

Oosies se revue ’n groot sukses

Reflection was ’n romantiese komedie wat as ’n musiekblyspel uitgebeeld is.

SECUNDA – Hoërskool Oosterland het onlangs hul revue-opvoering, Reflection, in die Johannes Stegmann Teater aangebied.

Die teater was byne elke aand vol bespreek en die gehoor kon nie genoeg van dié produksie kry nie.

Die kostuums, dekor, rekwisiete, klank en beligting was van die beste gehalte.

Me. Rozaan de Kock, produksieleier, het gesê: “Dit was lekker om vir die kinders die ondervinding en geleentheid te gee om in ’n teater op te tree, want die teater skep ’n ander atmosfeer.”

Reflection was ’n romantiese komedie wat as ’n musiekblyspel uitgebeeld is.

Die hoofchoreograaf was mnr. Dean Wrigley, ’n oudleerling van Hoërskool Oosterland.

Me. Mari Ludwick het ook met die choreografie gehelp.

Dié dogters was deel van die sanggroep.
Dié dogters was deel van die sanggroep.
Dié leerlinge het gehelp om alles agter die skerms vlot te laat verloop.
Dié leerlinge het gehelp om alles agter die skerms vlot te laat verloop.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button