CrimeLocal news

Man wat stiefdogter glo verkrag, verskyn weer in hof op Secunda

Die saak is uitgestel na 23 Augustus.

‘n 40-jarige man wat tereg staan op aanklagtes van kinderverkragting, het op 14 Augustus weer in die streekhof op Secunda verskyn.

Dié man het glo sy eksvrou se dogter, wat nege jaar oud was toe die misdrywe plaasgevind het, herhaaldelik verkrag en haar jonger sussie gemolesteer toe die gesin op Charl Cilliers gewoon het.

Die verkragtings het aan die lig gekom nadat die dogter se ouma onraad vermoed en die skool ingelig het wat haar toe gehelp het om ’n maatskaplike werker in die hande te kry.

Die saak is by die polisie aangemeld.


LEES OOK: Delmas se Tannie Fransie vier 83ste verjaardag op Vrouedag


Dié man het selfs die dogters uit die skool gehaal en gesê tuisonderrig is beter terwyl hul ma heeldag moes werk en hy tuisgebly het sonder werk.

Hy het na bewering vir die oudste dogter gesê hy wil haar swanger maak omdat haar ma nie meer sou swanger kan raak nie.

Die saak is uitgestel na 23 Augustus.

Die man se identiteit moet weerhou word om die slagoffers te beskerm.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Related Articles

Back to top button