Local newsStreeknuus

Raadslid van Delmas bring gelukwense, maar ook pleidooi aan gemeenskap

“Dit is die mense, die bystand en die omgee is wat Delmas uniek maak en hoop gee vir die toekoms.”

Die raadslid vir die Vryheidsfront Plus (VF+) in die Victor Khanye Plaaslike Munisipaliteit, Pieter Senekal, het sy gelukwense aan Delmas as Dorp van die Jaar gedeel.

Senekal het gesê dat hy spesifiek graag die vrywillige groep Delmas Herleef gelukwens met hul goeie werk en die groot prestasie wat hulle behaal het.

Senekal het verder sy opregte dank teenoor die boere, besighede, ander instansies en elkeen wat bygedra het tot hierdie groot oorwinning vir Delmas, betuig.

Volgens Senekal was daar egter ook baie negatiewe kommentaar en wil hy graag die saak onder inwoners regstel.


LEES OOK: Mpumalanga shows serious decay in AfriForum’s landfill audits


“Ons inwoners moet besef dat nié Randwater of die munisipaliteit enigsins by die toekenning aan Delmas as Dorp van die Jaar betrokke was of is nie.

“Die eer behoort aan Delmas Herleef met sy mense wat omgee, besighede, fabrieke en ander organisasies wat opgestaan het met die doel om verdere verval teen te werk. Daarom verdien hulle hierdie toekenning.”

Senekal het verder genoem dat Delmas Herleef ’n A-politiese organisasie is wat met behulp van vrywilligers vanuit die gemeenskap slaggate vul, padmerke verf, rommel optel, die begraafplaas en parke skoonmaak en herstelwerk doen.


LEES OOK: Highveld Ridge SPCA benefits from donations at archery competition


As raadslid is Senekal saam met die inwoners van Sundra, Rietkol terdeë bewus van die voortslepende watervoorsieningsprobleme in die omgewing, maar volgens hom moet hulle besef dat die kwessie nie aan die hand van Delmas Herleef of die Delmas Dorp van die Jaar toekenning gelê kan word nie.

“Hier wil ek ook graag vir die Eloff Buurtwag en Sundra Bulldogs Buurtwag, boere, wat hul harte oopgemaak het, water aangery het, boorgate beskikbaar gestel het en kundiges wat gehelp met die herstel van waterpype, opreg bedank.

“Dit is die mense, die bystand en die omgee wat Delmas uniek maak en hoop gee vir die toekoms.”
Senekal het verder gesê dat die VF+ gemeenskappe se betrokkenheid by die stuiting van die verval van ons dorpe en stede verwelkom.

Senekal het afgesluit deur te sê dat die inwoners van Delmas, Sundra, Eloff en Rietkol eerder by hierdie organisasies betrokke moet raak en so bydra tot die keer van die verval van die gemeenskap.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button