Local newsNews

Vroue van Secunda leer meer van blomme-rangskikkings

Belangstellendes is welkom om volgende vergadering in Augustus by te woon.

Lede van die Teksa Blommeklub het op 26 Julie vergader waar Magda Schwab aan lede gewys het hoe om ’n mobiele rangskikking te doen.

Die lede het ook vir huiswerk, rangskikkings met die onderwerp 3D, gemaak wat tydens die vergadering beoordeel is.

Teksa Bommeklub se volgende vergadering is op 23 Augustus en hulle gaan dan op Standerton bymekaarkom.

Belangstellendes is welkom om by die Teksa Blommeklub aan te sluit.

Vir meer inligting, skakel Schwab by 083 611 0684.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button