Local newsLocal sport

Gholfspelers van Standerton maak seker hulle spel verroes nie

Louis Gravett het die septer geswaai oor 18 putjies met ’n puntelling van 39, gevolg deur Willie Griesel se 38.

Nick Momberg het eerste op 12 Julie oor nege putjies geëindig met 16 punte, wat deur Aldo Arnaldi geëwenaar is. Dié IPS-kompetisie het by die Standerton Buiteklub plaasgevind.

Francois Cronjé het 15 aangeteken en Gerrit Nel 13. Louis Gravett het die septer geswaai oor 18 putjies met ’n puntelling van 39, gevolg deur Willie Griesel se 38.

Wikus Fourie het op 37 te staan gekom, terwyl Gert du Preez 36 op die telkaart ingevul het.

Sowel Gerrit Coetzee as Stephen Nortjé het huiswaarts gekeer met 35, gevolg deur Wessel van der Merwe, Ronel Starbuck en Vivian Seager wat elkeen 34 aangeteken het. Jore Nortjé het met 32 geëindig.


ALSO CHECK: Secunda se Sasol Grip & Rip rugbyspanne klop Witbank


Du Preez, Coetzee, Stephen Nortjé en Joré Nortjé het elk ’n twee behaal. Machiel Griesel het die pas op 8 Julie met’n puntelling van 44 aangegee tydens ’n IPS kompetisie.

Altesaam 27 spelers het meegeding. Gerrit Coetzee en Coen Jordaan was onderskeidelik tweede en derde met 38, gevolg deur Vaatjie van Rensburg met 37.

Sowel Stephen Nortjé as Joré Nortjé het 36 aangeteken, terwyl Fanie Botha 35 op die telkaart ingevul het.

Jannie Nichols en Leon Myburg het albei met 34 geëindig, gevolg deur Lourens van der Sandt met 33. Jordaan en RJ Kinnear het beide ’n twee behaal.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Related Articles

Back to top button