Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Tiener van Bronkhorstspruit presteer by boerperd kampioenskap

Dié tiener van Bronkhorstspruit het vir die Thokoza Boerperd-stoet van Bapsfontein gery.

Lutri Serfontein (14) van Bronkhorstspruit het onlangs by die Afridome SA Boerperd Nasionale Kampioenskap uitgeblink. Die kampioenskap is vanaf 26 Junie tot 1 Julie op Parys gehou.

Sy is ‘n oud-leerder van Laerskool Du Preez van Wyk op Bronkhorstspruit en is nou ‘n Graad Agt leerder van die Afrikaans Hoër Meisiesskool in Pretoria.

Sy het as junior ruiter goeie uitslae behaal, en in meeste klasse het sy teen ouer ruiters meegeding.


Lutri Serfontein tydens die Afridome kampioenskap op Parys.

Dit was Lutri en haar perd, Amiratus Orion, se eerste deelname by so ‘n groot byeenkoms.

Lutri en haar perd word afgerig deur Thalia Joanne Offerman Equestrian Training Yard van Boschkop.

Sy het vir die Thokoza Boerperd-stoet van Bapsfontein gery, wat die algehele wenstoet vir die kampioenskap was.

Lutri het die volgende uitslae behaal:
• In-hand reunperd ouer as vyf jaar: sesde

• Dressuur: Ponieruiter Elementêr: twee eerste plekke en kampioen

• Veelsydige ryperd: kinderruiter o15-afdeling: derde

• Skouspring 50cm: sesde

• Werkende jagperd 60cm: vierde


Lutri Serfontein met een van die rosette wat sy op die boerperd kampioenskap gewen het.

• Westerse plesier: derde

• Kostuum-klas: eerste

• Drie-gang kinderryperd o15-afdeling: derde

• Universiele Kampioen van Kampioene: vyfde.

Hierdie kompetitisie is net vir ruiters jonger as 19 jaar.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Related Articles

Back to top button