Local news

Kaalspruiters van Standerton se hande staan vir niks verkeerd nie

Die volgende vergadering sal op 16 Mei wees waar Marinda Visser die gasvrou sal wees.

Die VLU Kaalspruit-tak het op 18 April om 09:30 by die saal van die Hervormde Kerk vergader. Taklede het handgemaakte juwele saamgeneem.

Marietjie Swart, die voorsitter, het sake op die agenda afgehandel. Altesaam sewe takinskrywings sal op provinsiale vlak beoordeel word.

Die VLU se Mpumalanga-kongres vind op 2 en 3 Augustus op Secunda by Lake Umuzi plaas en vyf takinskrywings sal dan beoordeel word.


Kaalspruit-lede het die vergadering met hul handgemaakte juwele bygewoon.

’n Nuwe bestuur word by dié geleentheid verkies.

Gelamineerde resepte sal dan ingehandig word en Santie Cawood sal daarmee behulpsaam wees. ‘n VLU Kaalspruit kuier-en-klets-oggend vind op 31 Mei op Devon plaas.

Die volgende takvergadering sal op 16 Mei wees waar Marinda Visser die gasvrou sal wees.

Die kunstenaar, Elmarie Robin, sal die vroue toespreek en taklede kan gaste saambring.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button