Local newsLocal sportStreeknuus

Delmas Phoenix en Krielsaders in gelykopstryd

Die Valke se ligawedstryde begin binnekort.

Met die Valke rugbyliga se amptelike afskop om die draai is oefenwedstryde tussen die betrokke spanne volstoom aan die gang.

Die Phoenix-rugbyspan van Delmas is geen uitsondering nie.

‘n Oefenwedstryd is op 4 Maart teen die Krielsaders van Kriel op die rugbyveld van Hoërskool Delmas gespeel.


Peter Nguni laat loop met die bal.

Na klipharde spel het die eindfluitjie met ‘n gelykop telling van 17 punte elk geblaas.

Volgens Phoenix se afrigter, Jandré Senekal, is daar nog ‘n paar oefenwedstryde in die pyplyn en verdere wedstrydatums sal eersdaags aangekondig word.

Met kosstalletjies en ‘n vrolike atmosfeer was dit ‘n opwindende sportdag vir Delmas.


Gelukwense na afloop van die wedstryd tussen die Phoenix Rugbyspan van Delmas en die Krielsaders van Kriel.

Ook die plaaslike korfbalspanne het oefenwedstryde gespeel in aanloop tot die korfbalseisoen.

Ander rugbywedstryde wat op die dag plaasgevind het, was Oryx 2 teen Elsburg 2 sowel as Oryx 1 teen Elsburg 1.

“Ons sien met groot opwagting uit na die Valke se ligawedstryde om te begin. Intussen oefen ons hard om ons spelers te ontwikkel. Die amptelike span aankondiging sal ook eersdaags gedoen word,” het Senekal gesê.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Related Articles

Back to top button