Local newsStreeknuus

Wie gaan weer koning kraai by die Goliat van Gat Pampoenfees?

Cullinan Boere Unie soek die grootste pampoen.

Goliat van Gat Pampoenfees is ‘n jaarlikse instelling waar al die grootste, lelikste en mooiste pampoene teen mekaar opgeweeg word om as die beste bekroon te word.

Die kompetisie word deur Cullinan Boere Unie, wat by TLU SA geaffillieer is, georganiseer en vind vanjaar weer plaas op die Pretoria Boeremarkterrein in Silverton op 11 Maart vanaf 14:00 tot 18:00.

“In 2004 het ons gedink wat kan ons doen wat lekker is en anders as gewoonlik. Ons was die eerste om so ‘n kompetisie in Suid-Afrika te begin en versprei tans pitte landwyd en na naburige lande soos Namibië en Zambië om‘n paar te noem,” het Henri Combrink, TLU SA se voorsitter in die Sentraalstreek, vertel.

“Ons is ook geaffilieer by Great Pumpkin Commonwealth waar ons teen lande regoor die wêreld vir plek op die ranglys meeding.”

Deelnemers kom van sover as Meyerton, Middelburg en Pietersburg en staan ’n kans om weg te loop met R15 000 vir die swaarste pampoen.

“Daar is ook ‘n beloning van R8 000 vir tweede plek en R5 000 vir derde plek, asook pryse vir ander plekke en kompetisies op die dag.”

Volgens Combrink kan enige persoon deelneem net solank die pampoene heel is geen krake en vrot plekke het nie.


ALSO READ: Support the local female judiciary’s book drive


Dit neem sowat 100 tot 110 dae vir ‘n pampoen om reg te wees vir pluk. Oorspronklik is Atlantic Giants gebruik, maar deesdae is daar verskeie variante wat ook gegroei word.

“Alle kompetiesie pampoene word na afloop van die kompetisie aan liefdadigheid en behoeftiges geskenk,” het Combrink gese.

Wykus Lamprecht se pampoen van 846kg het verlede jaar gewen.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Related Articles

 
Back to top button