Local newsStreeknuus

Ons Winkel op Delmas bied nuwe geleenthede

Deur aan die Ons Winkels te skenk of hulle te ondersteun kan ’n student se drome verwesenlik word. Die item wat jy skenk is dus nie net ’n item nie, dit is ’n toekoms.

Die Ons Winkels is Solidariteit Helpende Hand se groep landswye liefdadigheidswinkels waar die publiek hul tweedehandse goedere kan skenk en dalk self een of twee winskopies hulself kan raakloop.

Die winste van ’n ongebruikte of oortollige item stel Helpende Hand in staat om volhoubare verandering in die gemeenskap te bewerkstellig.

Die Ons Winkels skep ook werksgeleenthede en dra by tot studiefondse vir studente wat verder wil gaan studeer en dit andersins nie sou kon bekostig nie.

“Deur aan die Ons Winkels te skenk of hulle te ondersteun kan ’n student se drome verwesenlik word. Die item wat jy skenk is dus nie net ’n item nie, dit is ’n toekoms,” het Annemarie van Heerden, streekorganiseerder vir Mpumalanga en KwaZulu-Natal Noordstreek, gesê.


LEES OOK: eMbalenhle police find woman’s body in room with bloodied curtains


Delmas se Ons Winkel is in Derdestraat 19 op Delmas geleë.

“As daar enige oortollige goedere in jou huis, motorhuis of klerekaste is, kan dit aan Ons Winkel op Delmas geskenk word. Kom loer gerus by ons in,” het Johan Fourie, eienaar van Ons Winkel op Delmas gesê. “Ons bied goeie gehalte items teen bekostigbare pryse.”

Fourie is ook bereid om skenkers by te staan deur self die items by hul wonings te gaan afhaal. Vir meer inligting kan Fourie by 082 062 3310 geskakel word.

Om betrokke te raak by enige van Helpende Hand se projekte, kan die streekorganiseerder, Annemarie van Heerden by 082 829 2546 of die assistent organiseerder, Melissa Nel by 072 066 7345 geskakel word.


 




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button