Local newsSchools

Hoërskool Secunda wen Interhoër Atletiekbyeenkoms in Witbank

Atlete van Secunda en Bethal presteer goed.

Hoërskool Secunda was vir die agtste keer in ’n ry die interhoër-wenners. Die Interhoër Atletiekbyeenkoms het op 18 Februarie in Witbank (eMalahleni) plaasgevind.

Secunda het die wennerstrofee in 2015, 2016, 2017, 2018, 2019, 2020, 2022 en vanjaar ingeryg.

In 2021 was daar nie ’n interhoër weens die Covid-19 pandemie nie.

Hoërskool Secunda het ook trofees gewen vir die beste seunsspan en die beste dogtersspan. Hul atlete wat presteer het is Aphiwe Shabangu (beste junior naellope seun), Roxy-Lee Fick (beste junior naellope dogter), Lu-Mari du Plessis (beste junior en senior middel- en langafstande dogter en junior victrix ludorum), Siyabonga Simelane (beste spronge seun), Twané Kruger (beste junior spronge dogter) en Tatijana Kruger (beste senior worpe dogter).

Hoërskool Secunda het altesaam 109 medaljes ingepalm wat 43 goue medaljes, 33 silwer medaljes en 33 bronsmedaljes insluit.


LEES OOK: Standerton Cricket Club’s flag flies high


Vir die aflosspanne het hulle ook nog medaljes ingepalm.

Die aflosspanne wat presteer het is o14-dogters (silwer), die o14-seuns (goud), die o15-dogters (goud), die o-15-seuns (brons), die o16-dogters (goud), die o16-seuns (silwer), die o17-dogters (silwer), die o17-seuns (goud), die o19-dogters (goud) en die o19-seuns (goud).

Hoërskool Hoogenhout het op Bethal ook goed gevaar en algeheel derde geëindig met net drie punte agter Hoërskool Standerton wat tweede geëindig het.

Hoogies se dogtersspan het tweede geëindig en drie van die vier ludorums is van Hoogenhout.

Hoogies se beste atlete was Jacques Bosch (junior victor ludorum, beste junior hekkies seun), Tidi Makgato (senior victor ludorum, beste senior naellope-, hekkies- en spronge seun), Jacques Malan (senior victor ludorum, beste senior worpe seun), JJ Engelbrecht (beste junior spronge seun) en Christi van Dyk (beste junior worpe dogter).

Hoogies se atlete het altesaam 10 trofees ingepalm en 66 medaljes wat 26 goue medaljes, 25 silwer medaljes en 16 bronsmedaljes insluit.


LEES OOK: Nadia Stückler van Standerton Trapklub laat die speke sing




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button