Local newsMunicipalStreeknuus

Munisipaliteit herstel vinnig waterlek op Bronkhorstspruit

Plaaslike raadslid voel sterk oor dienslewering.

’n Waterlek in Bronkhostspruit is verlede naweek vinnig vasgevat.

Die lek op die hoek van Bosbok en Buffalostrate is veroorsaak deur boomwortels wat ’n asbeswaterpyp beskadig het. Die water het in die strate afgevloei.

Volgens raadslid JB Bekker, is die boom reeds vroegoggend verwyder om verdere skade aan die infrastruktuur te voorkom.

‘n Nuwe pyp was gelê om die beskadigde een te vervang.

“Water- en sanitasiespanne het die probleem vinnig opgelos,” het Bekker vertel.

Dit is so lekker as dinge werk en dié voel-goed storie wys net hoe lekker dit is.

Volgens Bekker is dié is ’n bewys dat infrastruktuur opgepas en instand gehou kan word met die nodige leiding en oorsig van die regte raadslede.

“Verlede jaar was inwoners van Bronkhorstrpuit blootgestel aan uiters swak dienslewering met waterlekke wat geen aandag gekry het nie.

“Vir weke is inwoners in die donker gehou met betogings en water wat in die strate afgeloop het in plaas van in die krane vir menslike gebruik,” het Bekker gesê.


Related Articles

Back to top button