Local newsNews

Sinkgat op Standerton is ’n ongeluk wat wag om te gebeur

Motoriste wat in die aand en selfs in die dag op die linkerkant in ’n noordelike rigting ry, staan die kans om hul voertuie te beskadig.

’n Oplettende inwoner het die afgelope week die sinkgat in Paarlstraat, tussen Burger- en Handelstraat, onder die aandag van die koerant gebring.

Dit was duidelik nie die gewone slaggat nie.

Volgens die inwoner, het ’n voertuig daarin vasgesit en dit het die hulp van meer as een persoon benodig om die motor daaruit te kry.

Motoriste wat in die aand en selfs in die dag op die linkerkant in ’n noordelike rigting ry, staan die kans om hul voertuie te beskadig.

Voetgangers en veral kinders wat in die buurt loop, kan beseer word.


LEES OOK: AfriForum herstel slaggat by polisiestasie


Die Standerton Advertiser het op Woensdag 23 November ’n foto na die kommunikasiebeampte van die Lekwa Munisipaliteit gestuur.

Kommentaar van Thando Nkosi is aangevra en geen terugvoering is teen druktyd ontvang nie.

In die Kersboodskap elders in die koerant, verwys die burgemeester, Delani Louis Thabethe, wel na slaggate en sukses wat in dié verband behaal is.

Origens maak raadop inwoners en sakelui in die middedorp self ’n plan om voosgeryde paaie te herstel.


LEES OOK:  Oosterland-onnies samel kos in vir SAVF op Secunda


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button