Local newsNews

Klipkerk op Standerton bied Kersmark aan

Teen 11:00 het ’n reptielvertoning in die kerksaal begin en die jongklomp het grootoog na die aanbieders gestaar.

Die N.G. Kerk se Moedergemeente het op Saterdag 5 November hul Kersmark aangebied. ’n Gesellige atmosfeer het by die Klipkerk se teetuin geheers waar vriende en kennisse raakgeloop is.

In die parkeergebied kon kinders op die klimraam baljaar en die braaivleisvuurtjie is aangesteek.

Verskeie stalletjies is deur gemeentelede beman en pannekoek het oudergewoonte groot aftrek gekry.

Daar was iets van alles en menige huisvrou het middagete kom haal en kon kies waarmee sy haar gesin sou bederf.

Teen 11:00 het ’n reptielvertoning in die kerksaal begin en die jongklomp het grootoog na die aanbieders gestaar.


ALSO READ: Palmoord Ouetehuis op Bethal vier 30 jaar


Volwassenes en kinders het die geleentheid gekry om aan ’n slang te vat en dapperes het meegedoen.

“Het ’n slang boude?” is onder meer gevra.

Frans Vermaak, slangvanger van Standerton, het ook van sy reptiele saamgebring. In die een hoek was ’n slang knus onder ’n kombers toegewikkel en dié wriemelende hopie is met die nodige agting betrag.

Ds. Wihahn de Beer het gou ’n draai in die saal gemaak voordat ander bedrywighede sy aandag vereis het.

Die vorige aand het die basaar met ’n ‘fun run’ afgeskop.


ALSO READ: Contractors blame Govan Mbeki Municipality’s politicians and officials


Related Articles

Back to top button