Local newsNews

Bethal VLU-vroue leer hoe om papierblomme te maak

Enige vrou is welkom om by dié tak aan te sluit.

BETHAL – Vroue van die Bethal VLU-tak het op Dinsdag, 18 Oktober byeen gekom en geleer hoe om papierblomme te maak.

Sophie Hugo het vir die vroue gewys hoe om twee verskillende soorte blomme te maak.

Vir die een het sy ’n tafeltennisballetjie gebruik wat sy met lensies en blomblare versier het en vir die ander een het sy ’n papierblom met sewe blomblare gemaak.

Sy het gesê ’n mens het nie duur papier vir dié blomme nodig nie en dat advertensieblaaie unieke blomme maak.

“Papierblomme kan baie nuttig in ’n ruiker vars blomme gebruik word,” het Hugo gesê.

“Dit verleen ’n interessante tekstuur en kreatiwiteit aan die rangskikking.”

Enige vrou is welkom om by die Bethal VLU-tak aan te sluit. Vir meer inligting skakel Lynette Posthumus by 072 203 6230.

Related Articles

Back to top button