Local newsNews

Jong Standertonners gaan op televisie wees

Hennie is ’n leerder by Standerton Akademie, terwyl Bernard by Laerskool Standerton skoolgaan.

Hennie Bosman en Bernard van Heerden is gekies om op televisie te verskyn in die nuwe Lollos-episode wat volgende jaar gebeeldsend word.

Hennie is ’n leerder by Standerton Akademie, terwyl Bernard by Laerskool Standerton skoolgaan.

ABS Produksies bestuur die projek en ’n agt-weke-kursus, onder leiding van drie akteurs in die bedryf, word in die vooruitsig gestel.

Hul mentor is Marijke Coetzer, van Getroud Met Rugby-faam. Coetzer was voorheen ’n onderwyser.


LEES OOK: Kinross Hindu Society will host Diwali celebrations this weekend


Vier werkswinkels word in Boksburg bygewoon en die episode, Goggas, sal oor twee dae in Desember geskiet word.

Hennie en Bernard sal twee Lollos-liedjies tydens die episode uitvoer, asook Shongololo en Skoert Vlieg.

Bradley Olivier van Binnelanders-faam en Angelique Gerber van Boer Soek ’n Vrou-faam is die ander akteurs wat betrokke is.

Volgens inligting, kan die twee seuntjies, wat afsonderlike oudisies bygewoon het, kwalik hul opgewondenheid beteuel.


LEES OOK: Christian comedian from Evander believes in laughing often

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button