Local sportNews

Standerton klop Bethal se Old Boys twee keer

Die vennootskappe tussen WJ Smith en André Schwab, en Dayne Young en Donovan Uys het die lopies vir Standerton verseker.

Standerton Krieketklub se tweedespan het die Bethal Bears se Old Boys in albei T20-wedstryde in die promosieliga wat Saterdag op die Piet van den Berg-ovaal op Standerton beslis is, geklop.

Die Old Boys het met die eerste wedstryd eerste gekolf en in hul 20 boulbeurte 132/6 aangeteken.

Thinus Plowman van die Old Boys is met ‘n nulletjie van die veld afgestuur toe hy ‘n bal van bouler Quinton Kruger reg in die hande van Johan Adendorff geslaan het.

Charl de Klerk het 12 lopies van 16 balle gemaak vóór WJ Smith hom uitgevang het. Jan-Dirk van Dyk het geboul.

Liam Korf het 34 lopies van 48 balle gemaak voor Dayne Young sy paatjies laat kantel het. Nollie Nel het 44 lopies vanaf 31 balle aangeteken. Tobie Pretorius het hom uitgeboul.

Karel Bodenstein en Albert Swanepoel is met geen lopies afgestuur. Pretorius het in albei gevalle geboul.


LEES OOK: 70 participants gear up for parkrun in Standerton


Bodenstein is deur Van Dyk uitgevang en Swanepoel is deur Kruger uitgevang. Mark Joseph het sewe lopies vanaf 10 balle aangeteken, nie uit nie.

Dylan Botha het 11 lopies van agt balle behaal. Hy is nie uit nie. Standerton het die wedstryd met vyf paaltjies gewen toe hulle in hul kolfbeurt 134/5 in 19.4 boulbeurte aangeteken het.

Standerton se top-kolwer is kaptein JD van Dyk wat 29 lopies van 18 balle geklits het voordat hy uitgehaal is met

’n been voor die paaltjies. Plowman was die bouler. WJ Smith het agt lopies van 30 balle gemaak voor Nollie Nel sy paaltjies gestonk het.

Nel het ook vir André Schwab uitgevang, maar nie voor Schwab 25 lopies van 22 balle aangeteken het nie.

Quinton Kruger en Justin Uys is vir geen lopies terug na die kleedkamers gestuur. Mark Joseph het vir Kruger uitgehaal en Charl de Klerk het die bal na Uys gestuur wat toe deur Deon Swart gevang is.


LEES OOK: Graceland celebrates heritage during IFA Golf Cup


Dayne Young en Donovan Uys het ’n sterk vennootskap gevorm en is nie uit teen die tyd wat wentelling behaal is nie. Young het 24 lopies vanaf 30 balle aangeteken en Uys het 25 lopies van 16 balle ingepalm.

Die Bethal Bears Old Boys se boulers wat paaltjies laat kantel het, is Thinus Plowman, Charl de Klerk, Liam Korf, Karel Bodenstein, Albert Swanepoel en Nollie Nel.

Standerton het vir kaptein Jan-Dirk van Dyk as die beste kolwer en Tobie Pretorius as die beste bouler van die wedstryd aangewys.

Standerton het die tweede wedstryd met 10 paaltjies gewen. Bethal Bears se Old Boys het slegs 98 lopies vir 10 paaltjies aangeteken.

Hul beste spelers was Dylan Botha met 29 lopies, Albert Swanepoel met 26 lopies en Alrich du Plessis met 29 lopies.

Standerton-boulers Tobie Pretorius het vier paaltjies gevel, Dayne Young het drie laat kantel en Jan-Dirk van Dyk het twee geëis. Standerton het Bethal se 98 lopies met gemak gejaag.

Die vennootskap tussen WJ Smith en André Schwab het vir die Standertonners se puntestand van 101, niemand uit nie, gesorg.

Smith het 57 lopies van 44 balle aangeteken en Schwab het vir die res, 35 vanaf 24 balle, gesorg.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button