Local newsNewsStreeknuus

Veearts is tweede boer binne vyf dae wat in Mpumalanga vermoor is

Die moordenaars het glo by die huis se agterdeur ingekom.

Sy liggaam is Dinsdagoggend, 27 September, in ’n plas bloed langs sy geweerkluis in die sitkamer op die plaas Klipspruit tussen Delmas en Bronkhorstspruit gevind.

Werkers op dié plaas in die Waaikraal-omgewing het op die vermoorde veearts se lyk afgekom.

Met Streeknuus se aankoms op die toneel, kon die bloedspoor na die plek waar Coleman gevind is, gevolg word.

Volgens die familie op die toneel, is Coleman erg gemartel voor sy dood.

Hy het verskeie snywonde aan sy bene en knieë en ’n groot wond aan sy kop. Die moordenaars het glo by die huis se agterdeur ingebreek.

Dit blyk egter asof Coleman nie dood is sonder om hom teen die aanvallers te probeer verset nie.

Twee koeëlgate uit sy haelgeweer is duidelik sigbaar in die kombuisdeur en in die eetkamer.


LEES OOK: Bejaarde op plaas buite Delmas vermoor


Die ander boer, Gideon Swart (52) van Warteval-Boven, se liggaam is op 23 September deur sy broer buite die plaashuis ontdek.

Swart is ook vele steekwonde op onder andere sy maag, rug en nek toegedien.

Volgens betroubare inligting is een van die drie steekwonde aan die agterkant van sy nek die oorsaak van sy dood.

Llewellyn Hemmens, AfriForum se streekshoof vir veiligheid in die Noordstreek het aan Streeknuus bevestig dat daar sedert Vrydag, 23 September reeds ses plaasaanvalle plaasgevind het, waarvan drie moorde is.


’n Haelgeweerskoot deur die agterdeur van die plaashuis.

“Ons wil ons boere maan om uiters waaksaam te wees. Moenie vir enige rede uit jou huis gelok word nie, nie vir elektrisiteit wat skielik afgaan of as daar iets by jou diere sou foutgaan nie.

“Skakel in by jou plaaslike veiligheidstrukture en maak gebruik van radiokontak,” het Hemmens gesê.

“Wees paraat, wees voorbereid en oefen gebeurlikheidsplanne in.”

Lees meer in vandeesweek se uitgawe van Streeknuus op Vrydag, 30 September.


LEES OOK: Moord op veearts is tweede tragedie in plaashuis wat gesin tref

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button