Local newsNews

Edu Detto Onderrigsentrum op Secunda bied gholfdag aan

Twee vroue sien leemte en open onderrig-sentrum.

SECUNDA – Edu Detto en Edu Prosperi onderrigsentrums bied op Saterdag, 8 Oktober ’n gholfdag by Walkerpark Gholfklub aan.

Die formaat van die gholfdag sal in vierbal-alliansie plaasvind en inskrywingsgeld is R250 per speler.

Die doel van dié gholfdag is om geld in te samel vir die twee onderrigsentrums om een groot perseel te bou.

Marié Venter (opvoedkundige sielkundige) en Maresa de Jager (remediërende terapeut) het Edu Detto onderrigsentrum (vir juniorleerders) in 2019 begin nadat hulle ’n leemte in die hoofstroom skole geïdentifiseer het vir leerders met bepaalde leer- of emosionele behoeftes.


LEES OOK: Famsa holds annual general meeting in Secunda


Edu beteken onderrig en Detto is die Italiaanse woord vir geroep en die naam Edu Detto beteken geroep vir die toekoms.

“Geen kind is dieselfde nie en dit is ’n uitdaging om in ’n klas vol kinders aan elke kind se spesifieke en unieke behoeftes aandag te gee,” het Venter gesê.

“Hoewel ons goeie skole op Secunda het, is dit vir sekere leerders moeilik om in groter klaskamers met ’n hoë werkstempo en verwagting te funksioneer, dus het ons die geleentheid gesien om die onderrigsentrums te begin.”

Die ideaal vir die onderrigsentrums is om ’n ruimte te skep waar daar op kinders se sterk punte gefokus word terwyl hul individuele leerbehoeftes in ag geneem word.


LEES OOK: Evander Regional Court sends rapist to prison for 22 years


By die Edu Prosperi onderrigsentrum vir hoërskoolleerders, probeer die personeel om aan leerders ’n sterk identiteit te gee sodat hulle hul plek in die samelewing kan volstaan wanneer hulle die grootmenswêreld betree.

Edu Prosperi beteken onderrig om te floreer.

Teen die einde van verlede jaar was daar so baie gr.8-11-leerders, dat Edu Prosperi oop gemaak is onder leiding van Ronel Mulder.

Vir meer inligting oor die gholfdag, skakel Lynette Hartman by 082 559 3033 of JC Knipe by 082 557 3605.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button