Local sportSportStreeknuus

Lizemi Berry van Bronkhorstspruit is vir provinsiale hengelspan gekies

Dogter van Bronkhorstspruit moes kolgooi by oewerhengel-proewe.

Lizemi Berry van Bronkhorstspruit het deelgeneem aan die Gauteng Noord Oewerhengel-proewe by Centurion Rugbyklub op 28 Mei en is vir die span gekies.

Sy het teen 10 ander hengelaars meegeding vir ’n plek in die Gauteng Noord-span.

Die span bestaan uit vier hengelaars en ’n reserwe.

Oor die algeneem hengel die hengelaars by ’n dam vir die proewe, maar vanjaar het die junior-afdeling ’n droë proewe aangepak.

“Daar was nie ’n vis wat die wenner bepaal het nie, wat dit nog meer interessant gemaak het. Die proewe het op ’n puntestelsel gewerk,” het Lizemi laat hoor.

Die hengelaars stel op soos wat hulle normaalweg sou doen met al die toerusting wat netjies, skoon en gemerk moet wees.

Die beamptes het dan by elke hengelaar inspeksie gehou. Die hengelaars is aangesê om ’n strop voor te berei.

Die beampte het dan gekyk na die aanbieding en tegniek wat gebruik is.

Daarna het elke hengelaar na die kolgooi-gebied gegaan waar hulle op verskillende afstande in ’n sekere radius van die merk af moet gooi.

Lizemi se afstande waarop sy moes gooi, was 40m, 60m en 80m.

Met elke langer afstand word die radius groter.

Die beamptes kyk ook hoe elke hengelaar hul toerusting hanteer.

Om aan die proewe te kan deelneem, moet die hengelaar aan ’n klub behoort.

Lizemi het dus haar klubligas voltooi by Pices Hengelklub in Pretoria om vir die proewe goedgekeur te word.

“Dit was baie lekker, maar baie intimiderend en stresvol omdat dit my eerste proewe was. Ek moes baie hard konsentreer,” het sy afgesluit.

Lizemi is ’n leerder van Laerskool Du Preez van Wyk.

Related Articles

Back to top button