Streeknuus
Verbygangers vind vrou se lyk langs N12
Dit blyk dat sy vermoor is en haar liggaam is daar gelos.
Die halfnaakte liggaam van ’n vrou, vermoedelik in haar laat 30s of vroeë 40s, is vanmiddag, 22 Oktober by die Dwarsfontein/Argent-afrit op die N12, in die rigting van Witbank gevind.
Die vrou se liggaam het op ’n onverklaarbare manier in ’n stormwatersloot by die afrit beland.
Verbygangers het omstreeks 14:15 die vrou se die liggaam die stormwatersloot by die afrit opgemerk en die polisie daarvan in kennis gestel.
Die vrou het hoofbeserings opgedoen.
Dit blyk dat sy vermoor is en haar liggaam is daar gelos.
Paramedici het die vrou op die toneel dood verklaar.
Delmas Polisie, sowel as die Middelburg Blitspatrollie was op die toneel.
Die vrou se identiteit kon nog nie vasgestel word nie.
Geen verdere besonderhede is tans beskikbaar nie.