Local newsNews

{OPVOLG} – Dokters beoog om Daniel van ventilator af te haal

“Vandag is dit pappa se beurt om hom te besoek,” het me. Kerswell vertel. 

ERMELO – Die dokters wat omsien na Daniel Kerswell, wie op 5 September tydens ’n fratsongeluk by hul huis raakgery is, beoog om hom vandag van die ventilator af te haal. 

Hy is onder verdowing geplaas en aan ’n ventilator gekoppel, om sy beseerde longe ruskans te gee.

Deur hom van die ventilator af te haal, wil dokters sien hoe sy longe sonder hulp funksioneer.

Me. Danelle Kerswell, Daniel se ma, het vertel dat sy en haar man, Paul, daagliks om die beurt Daniel mag besoek. 

“Vandag is dit pappa se beurt om hom te besoek,” het me. Kerswell vertel. 

Daniel se ouer broer, Aydin (4) is steeds op Ermelo, waar hy skoolgaan. 

Daniel Kerswell en sy ma, me. Danelle Kerswell. (Foto: Facebook-bladsy: Daniel Kerswell gebeds groep)

Me. Kerswell het vertel dat hy baie huilerig is, en dat hy op 9 September na Pretoria sal kom.

“Ons kan nie wag om hom weer te sien nie. Ons weet nog nie wat die pad vorentoe vir ons inhou nie en sal later vandag by die dokters uitvind of dit sal nodig wees om te opereer.”

Daniel het sy regtersleutelbeen en ’n been in sy heup tydens die ongeluk gebreek, en sy longe is beseer.

Sy gesig is gekneus en hy het ’n groot sny op sy maag. 

LEES OOK: Ouers vra vir gebed na twee-jarige raakgery is in Ermelo

Ermeloërs het nie op hulle laat wag om geld in te samel vir Daniel nie.

Me. Elize van den Heever, wie die jafelverkoping om geld in te samel vir Daniel geloods het, het vertel dat hulle sowat 804 bestellings reeds ontvang het.

LEES OOK: Daniel stabiel na fratsongeluk, jafelverkoping word geloods om geld in te samel

Klein Daniel sal Sondag, 12 September sy tweede verjaarsdag vier, en sy ouers hoop om sy verjaarsdag tuis te vier. 

Die gesin het almal wat hulle in die tyd ondersteun het, deur boodskappe te stuur en gelde in te samel, bedank. 

’n Trustrekening is by Pas Prokereurs geopen waarin geld ingesamel word vir Daniel se mediese-uitgawes. 

Geld kan inbetaal word by die rekening; 

Pieter Stofberg Ingelyf Trust
Trustrekening
FNB
Ermelo Takkode; 270344
Rekeningnommer: 62092150326
Verwysing: KER3/1

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button