Local newsNews

Ermelo vrou: “Ek is bang die hospitaal sit die masjiene af omdat ons nie meer kan betaal nie”

“Ek het nie daai geld nie, en ek is bang hulle haal my man van die masjiene af,” het me. De Beer in trane vertel. 

OPVOLG:  16 Augustus – 14:16

OPVOLG – Elna de Beer van Ermelo verheug nadat man uit hospitaal ontslaan is


11 Augustus – 12:28

Die familie van mnr. Hendrik de Beer, wie op 30 Julie met Covid-19 in Ermelo Medi Clinic opgeneem is, smeek Ermeloërs om te help die hospitaalrekening te vereffen. 

Me. Elna de Beer, mnr. de Beer se vrou, het aan die Hoëvelder vertel dat hulle op 26 Julie positief getoets het. 

Hulle het geïsoleer en medikasie ontvang, waarna dit gelyk het of hulle albei aansterk. 

Haar man het egter ’n terugslag ervaar toe sy suurstofvlakke gedaal en hy gesukkel het om asem te haal. 

Mnr. Hendrik de Beer. (Foto: Verskaf)

Me. De Beer wat nie oor ’n mediesefonds beskik nie, moes vinnig spring om bykans R35 000 in te samel om haar man in Ermelo te laat opneem. 

Sy is ’n paar dae later in kennis gestel dat hulle hom moes oorplaas na Pretoria wat haar sowat R135 000 uit die sak sou jaag. 

“Met die hulp van familie, vriende en ons laaste spaargeld, kon ek dit betaal en het hulle my man per ambulans vervoer,” het me. De Beer vertel. 

Hy is met sy aankoms by die MedForum kliniek in die ICU ingestoot en op ’n ventilator geplaas. 

Me. De Beer het vertel dat sy op 10 Augustus weer ’n rekening van sowat R100 000 van die hospitaal ontvang het. 

“Ek het nie daai geld nie, en ek is bang hulle sit die masjiene af,” het me. De Beer in trane vertel. 

Sy het die gemeenskap vir hulp gesmeek. 

Enige iemand wat me. De Beer kan help kan gelde by die rekening inbetaal; 

Medforum Medi Clinic
Absa Bank 
013 869 900 73
Verwysing: HS de Beer 

Related Articles

Back to top button