BlogsOpinion

Rubriek- Standerton vanuit Cessna 182

Toe onthou ek die klein, bruin pilletjies wat my ma op die houtbord fyngekap het voordat ons gesin met vakansie sou vertrek.

Niemand hou daarvan as ander vir jou lag as jy geval het nie en erger nog, jou jammer kry as jy duidelik liggaamlik ongemaklik alle tekens van fatsoenlikheid verbygesteek het nie.

’n Beknopte spasie, terwyl jy nie aan engtevrees ly nie, 6 000vt in die lug teen 300km/h, sal jou laat wonder of die knoop in jou maag iets te doen het met spoed wat in knope bereken word.

Gewapen met ’n verteringstelsel wat slegs ’n ligte ontbyt agter die rug het, was ek vas oortuig dat dit die regte ding was om te doen.

Die loods het simpatiek laat hoor dat dit ander mense al oorgekom het, toe ek benoud gefluister het dat ek naar was.

Na die tyd is na so ’n episode as ’n blertsie verwys.

Die wit plastieksakkie was op ’n gereedheidsgrondslag en nie eens die panorama van gestroopte mielielande en groen bome kon my aandag van die benoudheid aflei nie.

Gelukkig het ek eers later gehoor dat ek spierwit was.

Die navrae in die kajuit oor my welstand is met opwaartse regterduim of fluister van ‘100%’ beantwoord, wat meer gedui het op asemhalingstegnieke wat vervolmaak moes word om nie bes te gee nie.

Lees die volledige verslag in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

 

Related Articles

Back to top button