Local sportSport

Maximed pronk steeds bo aan die punteleer in Standerton Krieket Besigheidsliga

Jan Dirk Van Dyk (Van Wyk Eiendomme) was die beste kolwer met 38 lopies agter sy naam. Die beste bouler was Nelis Eksteen (Holmdene) wat drie paaltjies in vier beurte platgetrek het terwyl hy 33 lopies afgestaan het.

Die Standerton Krieket Besigheidsliga is in volle swang en die afgelope naweek het spanne weer sake uitgespook.

Die eerste wedstryd het Van Wyk Eiendomme teen Holmdene sien meeding.

Van Wyk het eerste gekolf en 177/8 in 20 beurte gemoker.

Holmdene kon nie die mas opkom nie en het sleg 160/7 in hulle beurt aangeteken.

Van Wyk het die wedstryd met 17 lopies gewen.

Jan Dirk Van Dyk (Van Wyk Eiendomme) was die beste kolwer met 38 lopies agter sy naam. Die beste bouler was Nelis Eksteen (Holmdene) wat drie paaltjies in vier beurte platgetrek het terwyl hy 33 lopies afgestaan het.

 

Die huidige puntetelling is soos volg:

1. Maximed – 20

2. Van Wyk – 19

3. Seriti – 11

4. Holmdene – 9

5. Zorro Sixers – 1

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

 

Related Articles

Back to top button